Verskille tussen Afrikaans en Nederlands

Verspreiding van Afrikaans en Nederlands

Afrikaans is 'n dogtertaal van Nederlands[1][2][3] en anders as Vlaams en Surinaamse Nederlands, is dit 'n aparte taal, in stede van 'n dialek.

Aangesien 'n geskatte 90 tot 95% van Afrikaans se woordeskat van Nederlandse oorsprong is, is daar weinig leksikale verskille tussen die twee tale. Afrikaans het egter 'n aansienlik meer eenvoudige morfologie, grammatika en stel spelreëls. Daar is 'n graad van onderlinge verstaanbaarheid tussen die twee tale, veral in die geskrewe vorm.

Afrikaans het sekere leksikale en sintaktiese verlenings van ander tale soos Maleis, Khoisan-tale, Portugees, Ngunitale en tot 'n mindere mate, Frans bekom. Afrikaans is ook beduidend deur Suid-Afrikaanse Engels beïnvloed. Nietemin het Nederlandse sprekers met minder nie-kognate te doen wanneer hulle na Afrikaans luister. Wedersydse verstaanbaarheid is dus redelik asimmetries, aangesien dit makliker vir Nederlandstaliges is om Afrikaans te verstaan as anders om. Navorsing suggereer dat wedersydse verstaanbaarheid tussen Nederlands en Afrikaans beter is as tussen Nederlands en Wes-Fries,[4] of tussen Deens en Sweeds.

  1. (en) Jansen, Carel; Schreuder, Robert; Neijt, Anneke (2007). "The influence of spelling conventions on perceived plurality in compounds. A comparison of Afrikaans and Dutch" (PDF). Written Language & Literacy 10:2. Radboud University Nijmegen. p. 5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 April 2011. Besoek op 19 Mei 2010.
  2. Mennen, Ineke; Levelt, Clara; Gerrits, Ellen (2006). "Acquisition of Dutch phonology: an overview" (PDF). Speech Science Research Centre Working Paper WP10 (in Engels). Queen Margaret University College. p. 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Oktober 2017. Besoek op 19 Mei 2010.
  3. Booij, Geert (2003). "Constructional idioms and periphrasis: the progressive construction in Dutch" (PDF). Paradigms and Periphrasis (in Engels). Universiteit van Kentucky. p. 5. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2012. Besoek op 19 Mei 2010.
  4. (en) ten Thije, Jan D.; Zeevaert, Ludger (2007). Receptive Multilingualism: Linguistic analyses, language policies and didactic concepts. John Benjamins Publishing Company. p. 17. Besoek op 19 Mei 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy